Die manier wat hulle ouer mense behandel binne in die bank en agteraf grappe maak en hom slegsê. - Consumer Complaint for Absa Branch - Head Office



SENDER
PEET
Vanoggend was my man in die bank by Vredenburg tak vir ń navraag. Buite in die ry by die tellers was ń ou man en het gevra vir hulp by een van die dames wat daar werk. Sy het toe gehelp.Na ń ruk het die dame haar arms in die lug gegooi en vir die ou oom hardop gesê hy moet dit self doen nadat hy vir haar telkemale gevra het om te help want hy kan nie daar mooi op die skerm sien nie en hy sukkel om te hoor. ń Ander werknemer het aangesluit by haar en sy sê vir die BESTUURDER wat by die deur staan vanaf die teller hardop vir almal om te hoor, dat hy is te lui om te kyk wat op die skerm staan. Hulle het die ou oom, nadat hy weer ń paar keer gevra het vir verdere hulp, met ń houding na die tellers binne verwys. Nadat hy in is het die BESTUURDER EN werknemer saam met kliënte in die ry ń bespotting van hom gemaak en hardop gelag daaroor. My man het hulle brispe, en hulle het net verder aangeggaan met die ry om die kliënte by die deur in te laat.Een van die twee wernemers van die Bank by die deur was die BESTUURDER. Die ou oom wou ń foto van die werknemer neem toe gil die BESTUURDER op hom dat dit teen die wet is en hy mag dit nie doen nie.SKANDE OM OU MENSE WAT NIE KAN GOED HOOR OF SIEN SO TE BEHANDEL NIE.MAAR SY GELD IS GOED GENOEG.
Comment
COMPLAINT #3127 - Service Issues
Required to inform you about complaint approval (or reject).
We will not publish your email.